Suidelike Halfrond

Kaart van die Suidelike Halfrond
Die verdeling van die vastelande aan weerskante van die ewenaar en die nulmeridiaan (sonder Antarktika). Suidelike Halfrond in geel
Die Suidelike Halfrond vanaf reg bokant die Suidpool gesien.
Plakkaat met die legende "Ushuaia, einde van die wêreld". Ushuaia in Argentinië is die mees suidelike stad ter wêreld.

Die Suidelike Halfrond is die helfte van 'n planeet se oppervlak wat suid van die ewenaar lê.

Die Suidelike Halfrond beslaan allesins of gedeeltes van vier vastelande (Antarktika, Australië, die meeste dele van Suid-Amerika en die suidelike helfte van Afrika) vier wêreldseë (Suid-Atlantiese, Indiese, Suid-Stille en Suidelike Oseaan) en die meeste van Oseanië. Etlike eilandjies van die Asiatiese vasteland af is ook in die Suidelike Halfrond geleë. Die somer duur vanaf Desember tot Maart en die winter vanaf Junie tot September. 22 of 23 September is die lente se dag-en-nagewening en 20 of 21 Maart is die dag-en-nagewening van die herfsgety.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search